Visie en Missie



Valie Visie

| By Hoërskool Overvaal word leerders op alle vlakke deur konsekwente bemoeienis opgevoed sodat elkeen sy Godgegewe roeping in die samelewing kan vervul.

Valie Missie

| Om volgens Christelike-geïnspireerde beginsels die leerder te begelei tot hoë geestelike en morele waardes ter ondersteuning van ‘n gesonde karakter.

| Om aan elke leerder reg te laat geskied en hom te lei tot bereiking van sy potensiaal in akademie, kultuur en sport.

| Om in hierdie snel veranderende wêreld die leerder met die nodige kennis en lewensvaardighede toe te rus sodat hy na sy skoolloopbaan die wêreld kan betree met selfvertroue as potensiële produktiewe lid van die samelewing.

| Om leerders deur kreatiewe denke as entrepreneurs op te lei sodat hulle kan tred hou met die toenemenede verandering in die tegnologiese wêreld.

| Om by die leerder ‘n blywende en waardige trots, liefde en respek vir ons eie tradisies en gebruike te kweek.

| Om die leerder te leer om ander te respekteer en om menswaardig teenoor ander mense op te tree.

| Om leiers vir die toekoms te vorm.

| Om leerders te leer om wenners te wees.