Koor



'n Stem van Harmonie en Trots

Welkom by die Valiekoor! Ons is trots om ons musiek te deel en ons verhale van harmonie te versprei. Hierdie bladsy bied 'n insig in wie ons is en ons passie vir musiek.

Ons skoolkoor onder leiding van die fenominale Alida Greyvenstein wat 'n meestersgraad in Musiek het, is 'n trotse verteenwoordiging van die diversiteit en talent wat ons skoolgemeenskap kenmerk. Met 'n samekoms van stemme uit verskeie agtergronde en ervarings, skep ons 'n rykdom van klank wat die hart raak en die siel aanraak.

Ons skoolkoor is meer as net 'n groep stemme; ons is 'n familie. Ons deel vreugde en hartseer, oefen ure lank saam, en vier ons suksesse as een. Hier vind ons vriendskap, ondersteuning en die geleentheid om ons passie vir musiek te koester en te deel.

Kom saam met ons op ons reis van klank en harmonie. Ons nooi jou uit om ons te volg, om ons musiek te ervaar en deel te wees van ons koorfamilie.

1 of 6

Koorleier

Mev. Alida Greyvenstein