Skoollied



Ons is die jeug van Overvaal,
die nuwe geslag van ons volk
wat soos die stuwende Vaal met bruisende taal
voorwaarts beur in stroom en kolk,
ook bruis met durf en lewe.

Soos staal en beton wat om ons uittroon
en klop met polsende krag,
klop in ons hart ook die wil om eenmaal te toon,
aan die wêreld ‘n trotse en fors geslag.
Bo kleinheid en swakheid verhewe.
Ons bou aan ons toekoms met pen en penseel,
met arbeid en met speel:
ons glo in die Woord om ‘n suiwer baan
uit te baken vir ons om op te gaan.
Gebind deur ons kleure en leuse stry ons saam
vir ons land, ons volk, en ons skool se naam!

“Oorwin deur kennis, oorwin deur kennis”
So sing die jeug van Overvaal!
“Oorwin deur kennis, oorwin deur kennis”
So sing die jeug van Overvaal!