Skooldrag



Klere Beskikbaarheid

Skoolklere is by die skool se klerewinkel beskikbaar asook by Sedgars. Die skool se klerewinkel is in die Administrasie gebou geleë.

Kontak:  Michelle Alberts by 084 554 9928

Kleredrag Dogters

| ‘n Koningsblou romp of koningsblou langbroek.

| Romplengte:  Die romp moet in die middel van die dogter se bobeen sit.

| ‘n Naaswit kortmoubloes met skoolwapen.

| ‘n Koningsblou oortrektrui of trui met skoolwapen

| Kort, blou kouse met twee beige strepies.

| Swart skoolskoene.

| ‘n Navy “skipant” om onder romp te dra.

| ‘n Skooldas is verpligtend wanneer ‘n trui of baadjie gedra word.

| ‘n Koningsblou baadjie. (Blazer), verpligtend op Maandae.

| Lang, swart kouse in die winter.

| Skoolserpe is toelaatbaar in die winter.

| Matriekdogters dra ‘n navy romp met ‘n jade insetsel, wit hemp, matriekdas, jade oortrektrui of langmoutrui en navy kouse met twee jade strepies.

| Slegs die Algemene Raad en Matrieks dra wit hemde.

Kleredrag Seuns

| ‘n Grys lang- of kortbroek met bypassende gordel.

| ‘n Naaswit kortmouhemp met skoolwapen.

| ‘n Koningsblou oortrektrui of langmoutrui met skoolwapen.

| Grys skoolkouse.

| Swart skoolskoene. 

| ‘n Skooldas is verpligtend indien ‘n trui of baadjie gedra word.

| ‘n Koningsblou baadjie. (Blazer), verpligtend op Maandae.

| Skoolserpe is toelaatbaar in die winter.

| Matriekseuns dra grys lang- of kortbroek, wit hemp, jade oortrektrui of trui, matriekdas en navy kouse met twee jade strepe.

| Slegs die Algemene Raad en Matrieks dra wit hemde. 

Vrydagdrag

| Lang blou denim.  (Seuns mag wel ‘n kort denim broek aantrek.)

| Skool se Vrydaghemp.

| Geen oortrektrui mag oor Vrydaghemp gedra word nie.

| Skool se sweetpak baadjie of skooltrui mag oor Vrydaghemp gedra word.

| Die eerstespan “hoodies” mag op Vyrdae gedra word.

| Leerders wat provinsiale kleure verwerf het, mag dit elke laaste Vrydag van die maand dra.

| Tekkies of Vellies.

Kleredrag Algemeen

NB: Op Maandae MOET alle leerders hul skoolbaadjie saam met hulle skooldrag dra, en slegs op die laaste Vrydag van elke maand mag leerders provinsiale baadjies aantrek.

| Elke leerder is ‘n ambassadeur van die skool en moet daarom netjies en welvoeglik geklee wees.
| Wit kouse mag nie gedra word nie.
| Geen T-hemde of LO-klere mag onder skoolklere gedra word nie.
| Geen moue van truie of baadjies mag opgeskuif of opgerol word nie.
| Klere en skoene moet altyd netjies en skoon wees.



neem asseblief kennis

BELANGRIK!

Ter wille van eenvormigheid, word leerders versoek om asseblief slegs die nuwe das (links onder) te dra. Die ou das (regs onder) is uitgefasseer verlede jaar en mag nie langer gedra word nie.

VALIE KLEREWINKEL

Die Valie Klerewinkel is op Maandae, Dinsdae en Donderdae oop tydens tweede pouse. Kontak gerus vir Michelle indien julle enige navra het.

  • SEUNS

  • DOGTERS

  • VRYDAGDRAG

1 of 3
  • VSR-DRAG

  • MATRIEKDRAG

1 of 2