Hoekom Betrokke Raak

Hoërskool Overvaal is tans die enigste oorblywende Afrikaanse skool in Vereeniging en wil graag die beste fasiliteite, geriewe en onderwys, sowel as unieke geleenthede bied aan ons leerlinge.  Om dit moontlik te maak moet Overvaal gebruik maak van alle moontlike ondersteunings-netwerke.

Deur betrokke te raak kan Valie ouers, ondersteuners en alumni Overvaal se belange bevorder binne hierdie netwerk.

Overvaal beoog om die Valie Alumnibond jaar na jaar uit te brei en daarom doen die skool 'n beroep op u om deel te word van die beweging en u voetspoor te laat.