Alumni Bond

BESTE OUD-VALIE / OUER / ONDERSTEUNER

Vroeg in 2021 word die Overvaal Alumnibond geregistreer as ‘n nie-winsgewende maatskappy met registrasienommer 2021/518383/08. Die doelstellings van die Valiebond is om te dien as ondersteunersklub vir die aktiwiteite van Hoërskool Overvaal. Ons wil graag 'n platform bied vir oud-leerders om weer in verbinding te kom met hul voormalige klasmaats en onderwysers, sowel as om 'n netwerk te skep van oud-leerders, ondersteuners en ouers wat van waarde kan wees vir almal.

Ons versoek u as oud-Valie / ouer / ondersteuner om hierdie inisiatief te ondersteun en lid te word van die Valiebond. Om lid te word van die Valiebond gaan ons gebruik maak van 'n aftrekorder-model wat behels dat u 'n keuse kan uitoefen om 'n maandelikse bedrag van so min as R50.00 of R500.00 per jaar eenmalig aan hierdie verdienstelike saak te bewillig. Daar is ook opsies om groter bydraes of eenmalige donasies te maak.

As ons met trots wil voortbou aan ons skool, en ‘n verskil wil maak in ons kinders en die volgende geslag kinders wat skool by Overvaal gaan bywoon, se toekoms, moet ons betrokke raak by ons skool en dit waarvoor ons skool en die breër gemeenskap staan.

Die bande wat ons deel met ons alma mater is kosbaar en moet gekoester word. Overvaal het ons gevorm, vriendskappe laat gedy en herhinneringe geskep wat vir altyd sal bly. Ons wil julle aanmoedig om betrokke te raak. Jou bydrae is van onskatbare waarde.

Kom bou saam met ons aan 'n sterk en dinamiese gemeenskap wat trots is op ons verlede en entoesiasties is oor die toekoms

Hardus Visagie
Direkteur: Overvaal Alumni Bond

Alumni Stigting vir die Hoërskool Overvaal
Nedbank Rekeningnommer: 121 715 5104
Takkode: 198 765

Art.18A-sertifikaat kan aangevra word.

 

Raak betrokke

Ons wil graag alle oud-Valies op ons databasis hê. Kliek op Alumnet om betrokke te raak en gereeld inligting en nuus te ontvang. Ons het ook 'n Facebook groep gestig waar al die oud-leerders lekker met mekaar kan gesels en kan uitvind waar in die wêreld almal hulself bevind.

Direkteur

Mnr. Hardus Visage