Donasies

Ons is bevoorreg, want ons gemeenskap het ‘n hart vir opvoeding en opleiding. 

Hulle besef hoe belangrik die volgende geslag is en dat kwaliteitonderrig ononderhandelbaar is. 

Hulle weet dat ons hande moet vat en self oplossings moet vind, ons kan nie vir die regering wag nie. Ons gemeenskap wil saamstaan en die staat wys wat ons kan vermag!

Ons nooi elkeen uit om saam met ons deur middel van ons gemeenskapsfonds te bou.

Indien u graag betrokke wil raak, is u welkom om me. H. Steyl by bemarking@hsovervaal.co.za te kontak vir meer inligting.