Kultuur

Hoërskool Overvaal doen kultuur met passie!

Ons bied drama as CASSETA geregistreerde ekstra vak aan vir Graad 10-12 leerders deur die Akademie van Drama en Kuns (ADK) en het ook Dramaklub vir Graad 8-9 leerders.

| Ons is ‘n geregistreerde ATKV Jeugtak, genoem die Mondjievol tak waar alle kultuur en gemeenskapsaksies plaasvind.  Ons wen in 2020 die ATKV-toekenning vir die mees aktiewe jeugtak van Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.

| Verder staan ons kultuur nooit stil nie en om dinge nog lekkerder te maak, het ons elke kwartaal konsertaande.

| Overvaal se kultuurleuse vir 2022 is:  “Ons doen wat ons moet doen, wanneer ons dit moet doen, tot die beste van ons vermoë en tot eer van die Here, deur PRET!”

| Soos die ADK glo ons dat kultuur selfvertroue kweek en selfvertroue kweek sukses.  Só, as die gier jou beetkry, kom word ‘n Overvaal kultuurdier!