Boodskap van die Hoof

| Baie sterkte aan ons o.15 Fast Five-netbalspan wat eerskomende Vrydag aan die Gautengkampioenskappe deelneem. Ons is trots op julle en weet dat julle ons skool se naam met trots sal uitdra.

| Aan al ons leerders: sterkte met die toetsreeks en eksamen. Werk hard, bly gefokus en gee elke dag julle beste.

| Hartlik geluk aan juffrou Maggie Potgieter, Mané Lubbe en Nicolette Smidt met hul uitstekende prestasie tydens die IGO Streeksvaardigheidskompetisie. Ons wens julle alle sterkte toe vir die Gautengse Provinsiale IGO-vaardigheidskompetisie eerskomende Saterdag.

| Mag dit vir elke Valie ’n suksesvolle en geseënde week wees.

Schalk Rabie
Skoolhoof

Gedagte vir die week:  

“U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” - Psalm 119:105


Wynveiling

Daar is sekere aande waarna mense maande lank uitsien... en Hoërskool Overvaal se jaarlikse Wynveiling is beslis een daarvan.

As jy twee jaar gelede daar was, weet jy presies waarvan ons praat. As jy nie was nie... is hierdie jou kans om self te beleef waarom almal nog steeds daaroor praat.

Geniet 'n aand van uitstekende wyne, opwindende veilings, heerlike kuier, ongelooflike vermaak en die unieke Valie-gasvryheid waarvoor ons bekend is.

Bespreek Nou

BORG 'N BANKIE

Vier Overvaal se 45ste bestaansjaar deur jou merk op ons skool te laat! 🏫✨ Ons nooi ouers, oud-leerlinge, besighede en vriende van die skool uit om 'n bankie te borg vir slegs R2000.

Elke geborgde bankie sal ‘n gegraveerde plaatjie hê met jou of jou besigheid se naam – ‘n blywende herinnering aan jou bydrae tot ons skool se nalatenskap.

Kliek Hier
  • 👩‍🎓 KWALITEIT ONDERRIG

    Akademie is vir ons van kardinale belang met top gehalte onderwysers wat elkeen 'n passie het vir sy/haar beroep. Ons fokus verder ook op 'n balans tussen sport en kultuur.

  • 😊 JY IS BELANGRIK

    By ons tel ELKE kind! Hier is jy nie net nog 'n naam of nommer nie en kan jy as leerder op alle gebiede ontwikkel en groei.

  • 💻 VEILIGE OMGEWING

    Ons bied die geleentheid vir elkeen, om binne 'n veilige en stabiele omgewing gebalanseerd te ontwikkel tot 'n gelukkige volwassene!

  • 👨‍👩‍👧‍👦 ONS IS FAMILIE

    By Overvaal is ons een groot Valie-familie! Elkeen by Overvaal het 'n rol om te speel.

  • ❤️ ONS GEE OM

    Ons leerders en ons gemeenskap is vir ons van kardinale belang! Liefde, omgee en verdraagsaamheid deel van wie ons is!

  • ✅ Waardes is belangrik

    Hoërskool Overvaal is 'n skool met Christelike karakter

1 of 6

Boodskap van die Hoof

Daar is net een woord om Overvaal te beskryf: Bevoorreg! Bevoorreg om die Hoof van die skool te wees, bevoorreg om onderwyser by die skool te wees, bevoorreg om 'n leerder van die skool te wees!

Overvaal is sinoniem met gelukkige , gebalanseerde leerders. Hierdie skool het homself oor 40 jaar gevestig as familie-skool waar elke leerder belangrik is! Passievolle onderwysers, die beste leerders, 'n ondersteunende ouergemeenskap en God se seën, verseker dat Overvaal jou nommer een skool is!

Mnr. Schalk Rabie