Dissiplinêre Stelsel


Die skool se gedrags- en dissiplinêre kode sal aan die begin van die skooljaar aan elke nuwe leerder uitgedeel word.

 Kode op

blou brief

Oortreding / Positiewe aktiwiteit Puntetoekenning

01

Huiswerk nie gedoen nie - 10

02

Boeke tuis vergeet - 10

03

Afskryf van huiswerk - 10

04

Afskryf van huiswerk deur leerder toegelaat - 10

05

Laatkom (4 minute) - 10

06

Oortreding van 'n skoolreël - 20

07

Kru taalgebruik - 20

08

Steur die onderrigsituasie - 20

09

Nie in saal/toesigklas/voogperiode - 30

10

Uitdagende, onbeskofte gedrag teenoor personeellid - 30

11

Selfoongebruik tydens onderrigtyd - 60

12

Boelie/kuberboelie - 40

13

Rook/vape en/of in besit van sigarette/vape - 60

14

Stokkiesdraai (ongemagtigde wegbly van klas/skool) - 60

15

Baklei op skoolterrein - 60

16

Vandalisme - 60

17

Rassisme - 60

18

Pornografie - 60

19

Oneerlikheid tydens toetse en eksamen - 120

20

Alle wangedrag soos uiteengesit in paragraaf 3.12 van die gedragskode van leerders - 180

25

Ernstige boeliegedrag - 60

30

Verbode middels (dwelms) - 60

33

Sosiale media - 60

 Kode op

geel brief

Oortreding / Positiewe aktiwiteit Puntetoekenning

50

Bywoon en ondersteun van kultuur- en sportaktiwiteite + 5

51

Hulp in skoolverband + 10

52

Deelname aan sport + 25

53

Deelname aan kultuuraktiwiteite + 25

54

Volle teenwoordigheid by Interhoër + 30

| Wanneer 'n leerder 'n oortreding begaan, word 'n "blou briefie" vir hom/haar voltooi.  Die leerder moet die brief onderteken aangesien dit 'n skulderkenning is.  Nadat die klasonderwyser/es sowel as die graadhoof die "blou briefie"  onderteken het, word dit na die administratiewe kantoor gestuur, waarna dit ingelees word op 'n stelsel, en 'n sms aan die ouers/voogde gestuur word om hulle in kennis te stel van die oortreding.

| Daar vind vier detensies per jaar plaas - net voor elke detensiedatum word verslae getrek van leerders wat 60 en meer negatiewe punte op hulle rekords het.  Leerders wat geïdentifiseer is, sal elkeen vroegtydig skriftelik in kennis gestel word dat hulle detensie moet bywoon, en 'n sms sal ook aan die betrokke ouers/voogde gestuur word om hulle hiervan in kennis te stel.  Sodra die leerders die detensie bygewoon het, sal 60 negatiewe punte van die leerders se rekords verwyder word.

| Wanneer verslae getrek word en 'n leerder se puntetelling is 180 of meer negatiewe punte, sal die leerder voor die dissiplinêre komitee van die beheerliggaam verskyn.  Dieselfde prosedure sal gevolg word as met detensie, deur die leerder skriftelik in kennis te stel van die dissiplinêre verhoor en 'n sms sal aan die betrokke ouers/voogde gestuur word vir kennisname.  Die dissiplinêre komitee besluit oor die skuld/onskuld van die leerder na gelang van getuienis wat aangehoor word en het die mag om op die gepaste straf te besluit - dit kan selfs lei tot skorsing of 'n aansoek wat by die Departement van Onderwys ingegee word om te begin met uitsettingstappe.  Leerders is ook onderhewig aan die uitvoer van gemeenskapsdiens onder toesig.

| Indien die laaste detensie van die jaar plaasgevind het, en 'n leerder steeds 60 of meer negatiewe punte op sy/haar rekord het, word hierdie punte oorgedra na die volgende jaar, en moet die leerder in Januarie eers detensie bywoon om weer op 'n nul-telling te kom.

| Soos u sal merk, is daar ook positiewe puntetoekennings, en dit kan weer negatiewe punte op 'n leerder se rekord, verminder.  Leerders sal, in die geval van positiewe punte, 'n "geel briefie" ontvang, en die ouers/voog sal dan ook 'n sms ontvang.

| Die aflê van detensie is verpligtend.  Sou 'n leerder sonder grondige rede en skriftelike verduideliking versuim om detensie by te woon, sal dit beskou word as 'n ernstige oortreding wat dienooreenkomstig streng gestraf sal word.

BOODSKAP VAN DIE HOOF

Beste Graad 8-Valie van 2025

Die tyd het aangebreek dat jy jou laerskoolskoene ontgroei en nou as volwaardige tiener die hoërskoollewe aanpak! Geluk, en welkom by die grootste avontuur van jou lewe!

Om as volwaardige Valie gesien te word, moet jy asseblief by elke denkbare aktiwiteit betrokke raak: jou akademie, kultuurdeelname en sportlewe maak jou immers 'n gesonde tiener! Die groentjiekonsert is een van die eerste GROOT hoogtepunte waarna ons almal uitsien!

Net soos die span in 'n hospitaal saamwerk om die pasiënte so gou as moontlik gesond te kry, gaan ons almal saamwerk om jou te versorg en te leer. Om groot te word, is nie altyd pynloos nie, soms sal ons so bietjie aan jou moet "opereer", dalk 'n salfie smeer, 'n sluk slegte medikasie moet toedien, maar dis altyd om jou beter te maak!

Vir die eerste weke word jy - net soos in enige nuwe land - in kwarantyn geplaas: DIT IS NIE ONTGROENING NIE!! Jy kry die geleentheid om jou nuwe maats te leer ken, om saam vir die konsert te oefen, om 'n ware Valie te word. Gryp hierdie geleentheid met beide hand(skoen)e aan!

Wees te alle tye 'n trotse Valie - dra altyd 'n goeie beeld na buite! Jy moet ons skool se Christelike karakter ALTYD weerspieël, dit geld vir jou optrede en taalgebruik.

Mnr. S.W. Rabie
HOOF

Collapsible content

12-14 Jan: Gr 8 Kamp (Camp Discovery)

15 Jan: Saal + Atletiekuitdunne

16 Jan: Interhuis

29 Jan: Groentjiekonsert en Ouerbraai

3 Feb: Baadjieseremonie

Busse ry in die oggende, direk na skool en ook na afloop van sportoefeninge en/of kultuuraktiwiteite.

BUSROETES
Meyerton
Vanderbijlpark
Arconpark
Risiville
Drie Riviere
Unitaspark

Die busgelde is soos volg:

Busgeld werk op ‘n kaartjiestelsel ten bedrae van R15.00 per rit.  Kaartjies is te koop by die finansiële kantoor.

a.  10 Kaartjies (R150.00)
b.  20 Kaartjies (R300.00)
c.  40 Kaartjies (R600.00)

❗BAIE BELANGRIK❗

Buskaartjiegelde kan elektronies oorbetaal word.  Betaal asb APART van skoolfonds.  Met verwysing leerder naam/Buskaartjie.  Stuur leerder met bewys van betaling na finansiële kantoor sodat kaartjies aan leerder oorhandig kan word.

By Overvaal laat ons die nuwelinge in ons Valie-familie welkom voel met die Valie Verwelkomingsprogram. Met hierdie program bied die Graad 12 VSR ons graad 8’s ‘n sagte landing in die hoërskool aan en hulle word deel gemaak van al ons tradisies.

Tydens die program wat strek vanaf 17 Januarie tot 3 Februarie 2025, dra ons Graad 8’s sekere bykomstighede volgens ‘n tema wat gedeel word in die boekie wat hulle ontvang.

As deel van die program het ons ook’n konsert waaraan elke graad 8 leerder deelneem.

Vir enige navrae i.v.b met die program kan u gerus die volgende persone kontak:

Mnr. Chris Sharp
078 785 8601

Juf. Christene Cockeram
072 515 8203

 

Ons het die behoefte om ons Graad 8-leerlinge te bemagtig met ‘n geformaliseerde karakterontwikkelingsprogram.

Die program skop af met ‘n graadkamp wat daarop gemik is om ons leerders emosioneel voor te berei vir hul Graad 8-jaar, te bemagtig met lewensvaardighede en as graadgroep saam te snoer.  

Plek: Camp Discovery, Dinokeng

Kostes: R1 650 per leerling, betaalbaar as volg:

Die geld kan by die finansiëlekantoor inbetaal word of u kan ‘n internetbetaling doen. Maak asseblief seker dat die verwysing korrek is. 

Hier volg die bankbesonderhede:

Begunstigde:

     Hoërskool Overvaal

     ABSA

     Tjekrekening:   480391020

     Takkode:     632005

     Verwysing:  Leerder naam en van + Graad 8 Kamp

Alle betalings moet asseblief teen 1 Januarie 2025 gefinaliseer wees. Indien u enige ander reëlings wil tref in verband met die betaling, kan u vir Mnr. Chris Sharp by die skool skakel. Ons wil u sover moontlik akkommodeer in die proses.

Kampreëls: 

  • Daar sal elke aand afgekondig word hoe laat ligte afgeskakel moet word.  
  • Alle leerlinge moet hul aan die reëls onderwerp ter wille van goeie dissipline.
  • Leerlinge moet almal teenwoordig wees tydens aktiwiteite. 
  • Seuns en meisies word onder geen omstandighede in mekaar se kamers  toegelaat nie.
  • Geen sigarette / e-sigarette / alkohol of ander verbode middels word toegelaat nie.
  • Leerlinge wat hulle hieraan skuldig maak of enige gedragsprobleme toon, se ouers word summier geskakel en sal op eie onkostes die leerling by die kamp-terrein moet kom haal.Kamerindelings word deur die toerleiers gedoen.  In elke kamer sal ‘n leier aangestel word wat verantwoordelik sal wees vir die kamer se sleutel, netheid en algemene dissipline.‘n Lys van kampbenodigdhede word hierby aangeheg.
  • Enige allergieë (kos & ander) moet onder ons aandag gebring word, asook enige mediese probleem of chroniese siektes, deur dit duidelik te beskryf op die toestemmingsvorm.

KAMPBENODIGDHEDE

Die volgende moet asseblief saamgeneem word vir die naweek:

• Slaapsak of duvet, paslaken en  kussing.

• Eetgerei (bord, bakkie, lepel, mes, vurk, beker)

• Muskietafweerder bv. Peaceful Sleep

• Sonskerm

• Eie medikasie en noodhulp (soos voorgeskryf deur dokter)

• Toiletware

• Flits

• Waterbottel

• Notaboek, bybel en ‘n pen

• Sakgeld vir die snoepie. Daar is ‘n kaartfasiliteit.

• Hoed

• Warm baadjie

• Gemaklike en gepaste skoene – tekkies en plakkies. 

• Pak slegs gemaklike en ou klere in wat kan vuil word

• Badhanddoek

• Swemhanddoek

• Swemklere

Los asseblief die volgende by die huis: 

• Waardevolle besittings EN selfone

Skoolklere is by die skool se klerewinkel beskikbaar asook by Sedgars. Die skool se klerewinkel is in die Administrasie gebou geleë.

Kontak:  Michelle Alberts by 084 554 9928

| Skoolgelde vir 2025 is as volg op 09 Oktober 2024 in terme van Artikel 39 van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 bepaal:

  • R19 000.00 (R1 950 + R17 050) per jaar vir u 1ste kind;
  • R17 295.00 (R1 950 + R15 345) per jaar vir u 2de kind;
  • R1 950.00 per jaar vir elke kind daarna (3de, 4de, ens.)

| Die skool bied 'n vergunning om skoolfonds uiteengesit maandeliks af te betaal as volg:

  • R1 950.00 betaalbaar op 15 Desember 2024 VERPLIGTEND vir ALLE ouers;
  • Maandelikse paaiement betaalbaar oor 11 (elf) maande met eerste betaling op 1 Februarie 2028 en laaste betaling op 1 Desember 2025.
  • 1ste kind - R1 550.00 per maand
  • 2de kind - R1 395.00 per maand

| Afslag op skoolgelde indien die volle skoolgelde betaal word voor of op 28 Februarie 2025:

  • Eerste kind:
    R1 950.00 betaalbaar op 15 Desember 2024; en
    R17 295.00 betaalbaar op 28 Februarie 2025
  • Tweede kind:
    R1 950.00 betaalbaar op 15 Desember 2024; en
    R15 760.50 betaalbaar op 28 Februarie 2025

| Die busgelde werk op 'n kaartjiestelsel ten bedrae van R15.00 per rit.  Kaartjies kan by die finansiële kantoor aangekoop word.

| Alle skooleiendom (boeke en toerusting) wat nie ingehandig word voor of op die dag wat die leerder(s) die laaste betrokke vak by die skool skryf nie, sal op rekening gehef word en betaalbaar wees.

BANKBESONDERHEDE:
Naam van Rekening:  HS Overvaal
Bank:  ABSA Tjek
Rekening nommer:  480391020
Takkode:  632005
Verw.Nr:  Leerder Naam en Van

Onderrig en opleiding stop nie sodra die matriekeksamen afgehandel is nie.  By Hoërskool Overvaal streef ons daarna dat leerders na skool die wêreld kan betree met selfvertroue, kennis en lewensvaardighede.

Om doelgerigte en doeltreffende onderrig te verseker, is daar in elke klaskamer ‘n oorhoofse projektor en wifi.  Onderwysers maak ook gebruik van “visualisers” of “E-beams”.  Leerders ontvang elkeen ‘n Wifi kode om toegang tot die Wifi te verkry op die skoolterrein.

Overvaal bied vanaf 2023 drie nuwe vakke aan vir Graad 10:

  • Landboutegnologie
  • Landboubestuurspraktyk
  • Landbouwetenskap

Graad 8 en 9 kan ‘n keuse uitoefen om Landboustudies OF Tegnologie of te neem. Almal neem:  Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering, Wiskunde, Natuurwetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW + Rek), Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis + Geografie), Digitale Tegnologie