Welkom by Hoërskool Overvaal
Uit die Hoof se Kantoor!
| Sterkte met die nuwe skooljaar! Mag 2026 vir elkeen van ons ’n jaar wees van groei, goeie gesindhede en samewerking.
| Baie geluk aan ons matriekpersoneel met die uitstekende matriekuitslae. Dankie vir julle harde werk, opofferings en toewyding—dit is ’n trots vir ons skoolgemeenskap.
| Ek wil ook ’n beroep doen op elke ouer: maak asseblief ons personeel se hande sterk. Wanneer ouers en personeel saamstaan, floreer ons kinders. Kom ons kies doelbewus om mekaar te ondersteun en saam te werk sodat ons 2026 ’n regtig goeie jaar kan maak.| ’n Spesiale woord van dank aan almal wat betrokke was by die reël van die matriekdiens – dit was ’n waardige en betekenisvolle geleentheid.
| Aan ons leerders: onthou asseblief dat ons almal dieselfde doel het—jou beste. Moet nie personeel en ouers teen mekaar afspeel nie. Eerlikheid, respek en oop kommunikasie bou vertroue en bring die beste uit elke situasie.
| Laastens ’n hartlike welkom aan al ons nuwe Graad 8-ouers. Ons is opreg bly julle is deel van die Valie-familie. Ons nooi julle ook hartlik uit na die Graad 8 Ouerbraai wat op Woensdag, 28 Januarie 2026 plaasvind—’n lekker geleentheid om mekaar te leer ken en deel te word van ons skoolgemeenskap.
Gedagte vir die week
“Moenie bang wees nie, want Ek is by jou; moenie vrees nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou; ook help Ek en ondersteun Ek jou met my seëvierende regterhand.” - Jesaja 41:10

BELANGRIKE NUUS
BORG 'N BANKIE
Vier Overvaal se 45ste bestaansjaar deur jou merk op ons skool te laat! 🏫✨ Ons nooi ouers, oud-leerlinge, besighede en vriende van die skool uit om 'n bankie te borg vir slegs R2000.
Elke geborgde bankie sal ‘n gegraveerde plaatjie hê met jou of jou besigheid se naam – ‘n blywende herinnering aan jou bydrae tot ons skool se nalatenskap.
Waarom Overvaal Jou Keuse Maak?
-
👩🎓 KWALITEIT ONDERRIG
Akademie is vir ons van kardinale belang met top gehalte onderwysers wat elkeen 'n passie het vir sy/haar beroep. Ons fokus verder ook op 'n balans tussen sport en kultuur.
-
😊 JY IS BELANGRIK
By ons tel ELKE kind! Hier is jy nie net nog 'n naam of nommer nie en kan jy as leerder op alle gebiede ontwikkel en groei.
-
💻 VEILIGE OMGEWING
Ons bied die geleentheid vir elkeen, om binne 'n veilige en stabiele omgewing gebalanseerd te ontwikkel tot 'n gelukkige volwassene!
-
👨👩👧👦 ONS IS FAMILIE
By Overvaal is ons een groot Valie-familie! Elkeen by Overvaal het 'n rol om te speel.
-
❤️ ONS GEE OM
Ons leerders en ons gemeenskap is vir ons van kardinale belang! Liefde, omgee en verdraagsaamheid deel van wie ons is!
-
✅ Waardes is belangrik
Hoërskool Overvaal is 'n skool met Christelike karakter
Boodskap van die Hoof
Daar is net een woord om Overvaal te beskryf: Bevoorreg! Bevoorreg om die Hoof van die skool te wees, bevoorreg om onderwyser by die skool te wees, bevoorreg om 'n leerder van die skool te wees!
Overvaal is sinoniem met gelukkige , gebalanseerde leerders. Hierdie skool het homself oor 40 jaar gevestig as familie-skool waar elke leerder belangrik is! Passievolle onderwysers, die beste leerders, 'n ondersteunende ouergemeenskap en God se seën, verseker dat Overvaal jou nommer een skool is!
Mnr. Schalk Rabie