| Onderrig en opleiding stop nie sodra die matriekeksamen afgehandel is nie.  By Hoërskool Overvaal streef ons daarna dat leerders na skool die wêreld kan betree met selfvertroue, kennis en lewensvaardighede.

| Om doelgerigte en doeltreffende onderrig te verseker, is daar in elke klaskamer ‘n oorhoofse projektor en wifi.  Onderwysers maak ook gebruik van “visualisers” of “E-beams”.  Leerders ontvang elkeen ‘n Wifi kode om toegang tot die Wifi te verkry op die skoolterrein.

| Overvaal bied vanaf 2022 twee nuwe vakke aan vir Graad 10:

  • Landboutegnologie
  • Landboubestuurspraktyk
| Graad 8 en 9 kan ‘n keuse uitoefen om Landboustudies of Kuns en Kultuur te neem.
 

““Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer.” – Psalm 33:20

© h/s overvaal 2022 alle regre voorbehou