Ons is die jeug van Overvaal, die nuwe geslag van ons volk wat soos die stuwende Vaal met bruisende taal voorwaarts beur in stroom en kolk, ook bruis met durf en lewe.
Soos staal en beton wat om ons uittroon en klop met polsende krag, klop in ons hart ook die wil om eenmaal te toon, aan die wêreld ‘n trotse en fors geslag. Bo kleinheid en swakheid verhewe.
Ons bou aan ons toekoms met pen en penseel, met arbeid en met speel: ons glo in die Woord om ‘n suiwer baan uit te baken vir ons om op te gaan. Gebind deur ons kleure en leuse stry ons saam vir ons land, ons volk, en ons skool se naam!
“Oorwin deur kennis, oorwin deur kennis” So sing die jeug van Overvaal! “Oorwin deur kennis, oorwin deur kennis” So sing die jeug van Overvaal!