|Ons bied drama as CASSETA geregistreerde ekstra vak aan vir Graad 10-12 leerders deur die Akademie van Drama en Kuns (ADK) en het ook Dramaklub vir Graad 8-9 leerders.
| Ons is ‘n geregistreerde ATKV Jeugtak, genoem die Mondjievol tak waar alle kultuur en gemeenskapsaksies plaasvind. Ons wen in 2020 die ATKV-toekenning vir die mees aktiewe jeugtak van Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.
| Verder staan ons kultuur nooit stil nie en om dinge nog lekkerder te maak, het ons elke kwartaal konsertaande.
| Overvaal se kultuurleuse vir 2022 is: “Ons doen wat ons moet doen, wanneer ons dit moet doen, tot die beste van ons vermoë en tot eer van die Here, deur PRET!”
| Soos die ADK glo ons dat kultuur selfvertroue kweek en selfvertroue kweek sukses. Só, as die gier jou beetkry, kom word ‘n Overvaal kultuurdier!
Previous
Next
Ons leerders presteer
Massa Produksie
Ligte, gordyne, aksie! Ons Valies spog elke tweede jaar met 'n puik massaproduksie onder leiding van Mev. Luné van Heerden.