VALIESPENS
Die Valiespens sorg dat die leerders se mae vol bly en hulle dors geles is.
Hierdie nuut opgegradeerde snoepie het ‘n spyskaart wat vir almal se smake en voorkeure voorsiening maak. ‘n Gunsteling op die spyskaart is die “Rabie Special” wat ‘n geroosterde russian, kaas en uie broodjie is.
Corné Robberts en haar man is aan die stuur van die Valiespens en haar wens is dat Covid gou oorwaai sodat hierdie weer die plek kan wees waar Valies na hartelus kan ontspan en kuier. Sy is ‘n ma vir baie en dit is haar passie om ‘n oor en skouer te leen aan die wat dit die dag nodig het.
Previous
Next