Baie welkom by Valies se atletiekwebblad!

Drie van ons Valies het uitsonderlik goed presteer by die ASA kampioenskap wat onlangs in die Paarl aangebied is.  Ons spog met Ethan Olivier wat ‘n eersteplek behaal het in 0/18 driesprong.  Hy het ook deelgeneem in die ASA-seniorkampioenskap en 3de gekom met ‘n afstand van 15.54m!  Ethan is tans NOMMER EEN in die wêreld in sy ouderdomsgroep met ‘n afstand van 15,03m.

Shannon-Lee Greyling wys dat sy in haar element is in die 400m 0/18-damesgroep.  Sy het die 400m kafgedrag in net 58,21 sekondes en is tans 5de in Suid-Afrika in haar ouderdomsgroep!

Vian Kruger het aan diskus deelgeneem en is tans nommer 28 in ons land met ‘n afstand van 39,73m.

ETHAN OLIVIER
SHANNON-LEE GREYLING
VIAN KRUGER
Previous
Next

Mnr. Chris Sharp

Atletiekorganiseerder

““Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer.” – Psalm 33:20

© h/s overvaal 2021 AllE REGTE VOORBEHOU