| By Hoërskool Overvaal is Sport ‘n kerndeel van ons holistiese opvoeding.  Ons streef daarna om elke leerder se talent en potensiaal te ontwikkel.

| Ons spog vanaf 2020 met ‘n sportsentrum waar die Valies gratis kan oefen.  Die verskeie sportspanne maak gebruik van hierdie geriewe tydens hulle oefensessies.  Die bekende biokinetikus, Magdel Massyn en haar span, het by Overvaal aangesluit  Leerders kan haar weekliks besoek om seker te maak dat daar nie onderliggende beserings is wat hulle spel kan beïnvloed nie.  

| Ons rugby, hokkie- en netbalspanne neem deel aan ‘n kompeterende liga.  Die seuns en dogters kan saam met die afrigters deeglike wedstrydstrategie beplanning doen in die videokamer wat deel vorm van die sportsentrum.

Mnr. Fanie Van Wyk

Sportorganiseerder

sport@hsovervaal.co.za

““Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer.” – Psalm 33:20

© h/s overvaal 2021 AllE REGTE VOORBEHOU