Welkom by Hoërskool Overvaal

Uit die Hoof se Kantoor!

Dankie vir elke leerder, ouer, personeel -en beheerliggaamslid wat die afgelope Saterdag ons rugbyspanne ondersteun het by Vereeniging Gimnasium.  Dankie vir die goeie gees waarmee die wedstryde plaasgevind het.

| Sterkte aan die netbalspanne wat Donderdag deelneem teen Hoërskool Transvalia, die seunshokkiespanne wat Woensdag teen Hoërskool Drie Riviere speel en die rugbyspanne wat Saterdag teen Hoërskool Delmas meeding.

| Ek versoek dat ouers asb. hulle finansiële verpligtinge teenoor die skool getrou moet nakom. Onthou asb. dat die skool afhanklik is van skoolgelde om weer óns finansiële verpligtinge te kan nakom, en vir u kinders kwaliteit onderrig te verskaf.

Gedagte vir die week:

“U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou." - Psalms 91:2



  • 👩‍🎓 KWALITEIT ONDERRIG

    Akademie is vir ons van kardinale belang met top gehalte onderwysers wat elkeen 'n passie het vir sy/haar beroep. Ons fokus verder ook op 'n balans tussen sport en kultuur.

  • 😊 JY IS BELANGRIK

    By ons tel ELKE kind! Hier is jy nie net nog 'n naam of nommer nie en kan jy as leerder op alle gebiede ontwikkel en groei.

  • 💻 VEILIGE OMGEWING

    Ons bied die geleentheid vir elkeen, om binne 'n veilige en stabiele omgewing gebalanseerd te ontwikkel tot 'n gelukkige volwassene!

  • 👨‍👩‍👧‍👦 ONS IS FAMILIE

    By Overvaal is ons een groot Valie-familie! Elkeen by Overvaal het 'n rol om te speel.

  • ❤️ ONS GEE OM

    Ons leerders en ons gemeenskap is vir ons van kardinale belang! Liefde, omgee en verdraagsaamheid deel van wie ons is!

  • ✅ Waardes is belangrik

    Hoërskool Overvaal is 'n skool met Christelike karakter

1 of 6

Boodskap van die Hoof

Daar is net een woord om Overvaal te beskryf: Bevoorreg! Bevoorreg om die Hoof van die skool te wees, bevoorreg om onderwyser by die skool te wees, bevoorreg om 'n leerder van die skool te wees!

Overvaal is sinoniem met gelukkige , gebalanseerde leerders. Hierdie skool het homself oor 40 jaar gevestig as familie-skool waar elke leerder belangrik is! Passievolle onderwysers, die beste leerders, 'n ondersteunende ouergemeenskap en God se seën, verseker dat Overvaal jou nommer een skool is!

Mnr. Schalk Rabie